Slag van Guadalcanal | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van Tweede Wêreldoorlog | |||||||
November 1942 – VSA Marienesoldate rus in die veld. | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Geallieerde magte, insluitende: VSA Australië Nieu-Seeland Verenigde Koninkryk |
Japan | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Robert L. Ghormley William Halsey Jr. Richmond K. Turner Alexander A. Vandegrift Alexander Patch |
Isoroku Yamamoto Nishizo Tsukahara Jinichi Kusaka Hitoshi Imamura Harukichi Hyakutake | ||||||
Sterkte | |||||||
60 000 man (grondmagte) | 36 200 man (grondmagte) | ||||||
Ongevalle | |||||||
7 100 dood 4 gevang 29 skepe verloor 615 vliegtuie verloor |
31 000 dood 1 000 gevang 38 skepe verloor 683–880 vliegtuie verloor |
Die Slag van Guadalcanal het tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Salomonseilande tussen Japannese magte en Geallieerde magte plaasgevind. Dit was die eerste offensief wat die Geallieerdes teen Japan na die aanval op Pearl Harbor en Slag van Midway gevoer het. Die slag is bekend vir die bittere gevegte op land en verskeie seegevegte tussen die twee lande se vlote.
Op 7 Augustus 1942 het 19 000 Amerikaanse seesoldate onder bevel van Majoor-generaal Alexander A. Vandegrift op die eilande Tulagi en Guadalcanal geland. Tulagi is binne 'n paar dae oorgeneem. Op Guadalcanal het die seesoldate die vliegveld (daarna Henderson-vliegveld genoem) binne 'n paar dae oorgeneem en in bedryf gestel. Daarna het dit hulle nog maande geneem om die strawwe Japannese weerstand deur bloedige gevegte te oorkom en die eiland oor te neem. Die Japannese het op 7 Februarie 1943 finaal van die eiland onttrek en op 9 Februarie 1943 het die Geallieerdes die eiland veilig verklaar.